’n Skool haaie by Perth strande


Lewensredders moes inderhaas waarskuwings uitsaai op die strande van Perth, in Wes-Australië.

Dit is gedoen nadat ’n hele skool van sowat 100 haaie opgemerk is. Die haaie het saamgedrom en was ongeveer 600 meter van die kus.

Die kuswag personeel kon nie met sekerheid sê watter soort haaie dit is nie. Dit is volgens Australiese kenners uiters vreemd dat so ’n groot aantal haaie aan die westekant van die land hul verskyning maak.

Gedurende die afgelope jaar is ’n hele aantal mense deur haaie aangeval in die betrokke gebied.