Motor rubriek – DSG ratkas(vervolg)


In die vorige rubriek is daar gekyk na die opwaartse skakeling van die ratkas en in hierdie rubriek word daar gekyk na terugskakeling aksie.

Die terugskakeling na ’n laer rat is soortgelyk aan die skakeling na ’n hoër rat. Dit vind plaas in ’n terugwaartse aksie en geskied stadiger. Dit neem 600 millisekonde om plaas te vind. A.g.v. die enjin se “Electronic Control Unit”(ECU) wat die krukas se verminderde spoed monitor wat dan verseker dat dit die korrekte ratkas skakeling in bedryf stel. Die motor se rekenaar neem ook waar dat die spoed besig is om te verminder en sorg dat ’n laer rat geselekteer word en op die wyse word die terugskakeling aksie voltooi.

Die oorskakeling punte word deur die DSG ratkas se ECU bepaal en op sy beurt gee dit weer die opdrag aan die hidro-meganiese eenheid wat die skakeling help plaasvind. Die ratkas se ECU gekombineer met die hidro-meganiese toestel, vorm die “mechatronics” module. Omdat die DSG se ECU gebruik maak van ”fuzzy” logaritme, is die DSG baie aanpasbaar en het dit die vermoë om die bestuurder van die motor se bestuurstyl op te neem in sy geheue en toekomstige rat oorskakel punte, vooraf te kan bepaal.

Op die voertuig se instrumentpaneel sal dit aangedui word watter skakel aksies plaasvind of plaasgevind het. Die spoedmeter en die toereteller sal aandui in watter posisie die rathefboom verkeer en watter rat verhouding geskakel is.

Geniet u Duitse motor.