Minister moet opdok


Mnr. Leon von Benecke van Bronkhorstspruit kan nie meer voltyds werk nie na hy deur ’n terroris nege skote geskiet is met ’n R4 geweer, wat uit die Weermag se stoor gesteel is.

Die Hooggeregshof het nou beveel dat die Minister van Verdediging ’n voorlopige bedrag van R1.9 miljoen aan mnr. Von Benecke moet betaal.

Dit is bekend dat die Weermag en die SAPD blykbaar nie oor die vermoë beskik om vuurwapens en ammunisie behoorlik te berg sodat dit nie gesteel word nie.

Waarnemers het gevra of dit enigsins geregverdig kan word dat die instansies met vuurwapens vertrou kan word in sulke omstandighede.

Tydens die rooftog in 2003 waarin Von Benecke nege skietwonde opgedoen het, is ’n vriend van hom, Rudi Lanner doodgeskiet.