Mielieoes swakker weens droogte


Graan SA het in sy jongste produksieverslag op 14 Maart, daarop gewys dat die nasionale oesskatting van 12,3 miljoen ton binne enkele weke gedaal het tot 10,9 miljoen ton weens die geweldige droogte in produserende gebiede.

Die witmielie-oes, wat in die oesskatting van Februarie op 6,8 miljoen ton geraam is, word nou op slegs 5,6 miljoen ton geraam.

Dít dui op ’n verwagte tekort van 140,000 ton wit mielies en ’n totale nasionale mielie tekort (geel ingesluit) van sowat 400,000 ton.

Landboukundiges sê die tekorte hou ernstige ekoniese gevolge is. Produsente gaan gebuk onder ’n skuldlas weens die droogte en die land sal mielies moet invoer om aan die behoeftes te voorsien. Dit plaas vêrdere druk op die sukkelende ekonomie.