Meer as een miljoen vlug uit Sirië


Die aantal vlugtelinge wat uit Sirië vlug staan het reeds die een miljoen kerf verby gesteek. Die getal is veel vinniger bereik as wat verwag is, het die VN se Hoë-kommissaris vir vlugtelinge, Antonio Guterress, in ’n onderhoud gesê.

Die land verkeer in ’n volskaalse ramp en die buurlande het hulle hande vol om vlugtelinge te akkommodeer, het hy gesê.

Die VN het einde verlede jaar beraam dat die een miljoen kerf eers aan die einde van Junie bereik sal word.

Buurlande probeer hul bes om vlugtelinge wat oor grense stroom, te hanteer.

Libanon se bevolking het reeds met 10% toegeneem en Turkye het al byna R6 miljard aan vlugteling-kampe spandeer.

Meer as 50% van die vlugtelinge is kinders waarvan die meeste jonger as 12 jaar is.