Marikana-spook loop weer


‘n Hewige rusie en oor-en-weer beskuldigings tussen polisiebeamptes en betogers buite die Rustenburg-burgersentrum het ontstaan waar die Farlam-kommissie openbare verhore hou.

Polisiebeamptes het tydens die middagete beslag gelê op plakkate van die betogers.

Van die betogers het op die polisiebeamptes geskree. Hulle het die polisie beskuldig dat hulle die Marikana-mynwerkers vermoor het.

“Skiet ons almal, dit is waaraan julle gewoond is,” het ‘n vrou aan die groot groep polisiebeamptes geskree.

“Julle het ons broers vermoor. En Polisiekommissaris Riah Phiyega moet die waarheid praat,” het ‘n ander betoger uitgeroep.

Die plakkate het gelees: “Moenie dat die polisie wegkom met moord nie.”