Koper diefstal neem toe


Volgens die nuutste inligting van die organisasie wat koper diefstal moniteer, Sacci, was daar in Februarie 2013 sowat R11,2-miljoen se koper gesteel teenoor die R11,1-miljoen vir Januarie. Februarie se koper diefstal beloop 156 metrieke ton, teenoor die gemiddeld vir die voorafgaande drie maande se ongeveer 170 ton.

Koper verhandel tans teen ongeveer $7 711 per ton, wat ‘n verlaagde prys is weens die laer wêreld ekonomie-aanvraag. Volgens Sacci se HUB, Neren Rau, is daar positiewe aanduidings dat die prys weer binnekort sal begin styg weens gunstige markkragte.