Kenners se siening korrek oor SANW


“As hulle net een Rooivalk gehad het, sou die situasie heeltemal anders gewees het.”

Só het ’n familielid van ’n soldaat in die Sentraal-Afrikaanse Republiek aan ’n Wes-Kaapse koerant gesê.

Die soldaat, wat die gevegte beleef en oorleef het, het sy familie in Suid-Afrika laat weet wat gebeur het. Sy mening is dat dit ’n wonderwerk is dat al die soldate nie doodgeskiet is nie.

“Dit was een hengse geveg.”

Tydens die geveg is 13 soldate dood en 27 ernstig beseer.

Militêre dokters en chirurge het deur die nag geopereer om die gewonde soldate te versorg.

Kenners vind dit totaal onaanvaarbaar dat die soldate sonder lugmag ondersteuning in so ’n operasie ingestuur is.