Is dit duur oorsese vakansies?


Premier Nomvula Mokonyane en ander provinsiale leiers van Sentraal Transvaal is in die spervuur nadat vasgestel is dat hulle rojaal lewe op die belasting betalers se fondse. Hulle het hulle ook skuldig gemaak aan die wangebruik van die amptelike kredietkaarte om in luukse hotelle te bly, in uiters deftige en luukse re¬staurante te eet en duursame leerprodukte by oorsese boetieks te koop.

Die premier se kredietkaart ¬state het getoon dat sy in plaas¬like en internasionale restaurante tot R16 000 vir ’n enkele sogenaamde ete-vergadering, geblaas het. Dieselfde kaart is vir derduisende Rand aangewend in plekke soos Kaapstad, Sydney, Melbourne, Johannesburg en Milaan.

Sy is ook uitgevang dat sy in Milaan R2,600 betaal het vir luukse leerware.

In Oktober 2011 het sy tydens ’n reis na Milaan R2 585 uitgegee in Salvatore Ferragamo, ’n ontwerperswinkel vir luukse leergoedere.

Qedani Mahlangu, LUR vir infrastruktuurontwikkeling, het in Istanbul, leerprodukte en ’n pels gekoop ter waarde van R7,300.

Mandla Nkomfe, LUR vir finansies, het blykbaar in een jaar meer as R160,000, aan vermaak en brandstof uitgegee.

Die premier ontvang R1,88 miljoen per jaar aan salaris en die LUR’e R1,65 miljoen elk.

Waarnemers meen die spandabelrigheid is niks anders as duur oorsese vakansies op die belastingbetaler se rekening.

’n Woordvoerder van Oranje sake Instituut het gesê die misbruik van kredietkaarte behoort genoeg rede te wees om die oortreders te ontslaan en ook die misdryf in die hof te besleg.