Honderde boere bly by R69 loon


Meer as 80% van boere in De Doorns en omgewings sal nie die nuwe minimum loon van R105 betaal aan werkers nie.

Dié Wes-Kaapse boere is onder die derduisende wat wettiglik kan aanhou om hul werkers R69 per dag te betaal. Die Departement van Arbeid moet nog oor hul aansoeke om kwytskelding van die nuwe loon besluit.

Mildred Oliphant, die Minister van Arbeid, het vroeër vandeesmaand ‘n 52% loonverhoging vir plaaswerkers aangekondig. Die sperdatum vir implementering op die eerste dag van Maart, maar boere wat nie die verhogings kan bekostig nie, kon aansoek doen om kwytskelding.

Na wat verneem word, het duisende boere aansoeke ingedien om kwytskelding omdat hulle dit nie kan bekostig om die nuwe loon van R105 per dag te betaal nie.

Die Vryburger het ook verneem dat honderde boere besluit het om werkers af te lê vanweë die onbekostigbaarheid van werkers.