Gewonde soldate in 1 Militêre Hospitaal


Al die Suid-Afrikaanse soldate wat gewond is tydens die skermutseling met rebelle van die Sentraal-Afrikaanse Republiek, word versorg in 1 Militêre Hospitaal in Pretoria het ’n woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag gesê.

Die soldate wat geringe beserings opgedoen het, is op die toneel behandel en kan aangaan met hul verpligtinge.

Die Weermaghoof, genl. Solly Shoke, het gesê die res van die soldate ontvang die nodige ondersteuning wat hulle benodig.

Berigte is ook ontvang dat rebelle die SANW om verskoning gevra het vir die ongevalle wat veroorsaak is deur die geveg.

Dit blyk dat die rebelle hulle aangesien het vir troepe van die Sentraal-Afrikaanse Republiek.
Pres. Zuma het glo aangekondig dat die soldate aanbly in die Sentraal-Afrikaanse Republiek en voortgaan met hulle taak.
Waarnemers meen dit is ’n manier wat gevind is om die groot verleentheid en nederlaag te probeer verberg.