Geneeshere sukkel met versekering


Gedurende die afgelope dekade het eise teen dokters skerp toegeneem. Dit het daartoe gelei dat dokters nou sukkel om versekering te bekom wat hulle beskerm teen eise. Versekeringsmaatskappye is huiwerig om die beroep se mense teen eise te beskerm weens die toename in eise.

Die aantal eise wat elk meer as R5 miljoen was, het oor die tydperk met 900% toegeneem.

Die bevinding is gemaak deur Aon Suid-Afrika, ’n konsultasie groep.

Volgens die instansie was daar ’n groor aantal eise wat tot soveel as R30miljoen beloop het.

Aon Suid-Afrika se verslag toon dat R1,4miljard se regsmediese eise net teen die Sentraal-Transvaalse Geondheidsdepartement ingestel is.

Die geweldige styging teenoor die vorige jaar se R879miljoen word deur kenners uitgewys as ’n rooilig wat aangaan.

Die mening is uitgespreek dat te veel onbevoegde mense in die gesondheidsdienste werksaam is wat nalatig, onkundig en traak-my-nie-agtig is, en dit lei uiteindelik tot enorme eise.

Spesialiste in verloskunde se versekering is van die duurste. Dokters met MPS-lidmaatskap se koste beloop R254,000 aan versekering per jaar.