Geen e-pos boetekaartjies nie


Berigte soos wat in Beeld verskyn het dat Aarto-boetekaartjies per e-pos aan oortreders gestuur gaan word, is onwaar.
Dit word deur die “Justice Project South Africa” ontken dat so iets oorweeg word.

Howard Dembovsky, die organisasie se voorsitter, sê dat daar nie in die voorgestelde Wetwysigings vir so ’n handeling voorsiening gemaak is nie.

Die dagblad Beeld het berig dat konsepwetgewing gepubliseer is die weg baan vir die staat om Aarto-boetes per e-pos aan motoriste te stuur.