Eskom sukkel met kontrakteurs


Eskom oorweeg om twee van die hoofkontrakteurs by die Medupi- en Kusile-kragstasies af te dank. Die belangrikste redes daarvoor is blykbaar omdat die werk wat gelewer word, van substandaard gehalte is en omdat daar vertragings is wat nie geduld kan word nie.

“Ek kan jou verseker dat ons oorweeg het om hul kontrakte te kanselleer,” het Eskom hoof, Dames gesê.

Hy het glo meer as ’n jaar gelde bevind dat daar probleme is met strukturele staal en toe reeds gevra dat daar na ander opsies gekyk moet word.

Dames het gesê Eskom oorweeg sy opsies oor die kontrakte met twee hoof kontrakteurs, Hitachi Power Africa en Alstom.