Ek sien dit so!


Kul jou hier, kul jou daar, en siedaar! Ons is al in die derde maand van 2013. Nou kyk, mense sê dat tyd vlieg wanneer jy pret het, dan moet ons seker baie pret hê in hierdie land van ons.

Miskien is nou ‘n goeie tyd om terug te kyk na die afgelope drie maande, en om ons vryheidstrewe te evalueer. As iemand nou vir Neelsie sou vra(nie dat iemand my sommer sou vra nie)of ons op die regte pad is, sou ek eers die positiewe teen die negatiewe moes opweeg. Aan die negatiewe kant van die spektrum staan die afsterwe van Volksraadslid Etienne le Roux beslis uit as ‘n reuse terugslag. Verder is die aanhoudende moorde en aanvalle op ons mense ook ‘n baie groot bron van kommer. Wat egter die mees kommerwekkende is, is dat ons volk steeds rustig aanploeter op hul paadjie van “dis lekker in die NSA”.

Vir my persoonlik is die grootste en moontlik enigste ligpunt, die pas afgelope Majubafees. Ongeveer 1300 amper-eendersdenkendes bymekaar vir een volksfees, is nie te versmaai nie. Veral as mens in ag neem dat daar ongelooflik baie jongmense by hierdie jaar se fees teenwoordig was. Dit is juis hierdie jongelinge wat ons moet beskerm en reg opvoed. Die realiteit is dat as ons nog ‘n geslag moet afstaan aan hierdie kommunistiese bestel, dit verseker sal lei tot veel groter problem in die toekoms.

‘n Vraag wat my reeds lank hinder, is waarom die kerke wat deur hierdie volk opgebou is geen woord ter leiding spreek in hierdie tye waarin hul lidmate gebuk gaan onder ‘n volksmoord nie. Ja, daar is seker die uitsondering op die reël, maar tog wil dit blyk dat meeste geestelike leiers nie oor die nodige wil beskik om ‘n graaf ‘n graaf te noem nie. Dis ook in ‘n mate te verstane aangesien hulle nie ‘n kloof in hul gemeentes wil veroorsaak nie. As ek dus reguit en eerlik kan wees en ‘n persoonlike mening kan lig, sou ek aanneem dat een van die groot redes ook inkomende tiendes kan wees wat nie meer so stewig sal inkom as jy die verkeerde mense kwaad maak nie. Daarom dat ons geestelike leiersfigure eerder besluit om neutral te bly…al word ‘n oningeligte volk koelbloedig uitgemoor.

Hierdie jaar het nog bietjie meer as nege maande oor – gaan ons dit bloot laat verbysnel sonder enige daadwerklike optrede, of gaan ons elkeen opstaan en getel word? Die besluit is joune, die nagevolge van jou besluit is op jou kinders en kleinkinders. Besluit dus reg.

Boeregroete,

Kordaat Neelsie