Eer die Lam


“Die Lam wat geslag is, is waardig om te ontvang die krag en rykdom en wysheid en sterkte en eer en heerlikheid en lof” (Op 5:12)

Vrydag is swart Vrydag en Goeie Vrydag. Swart Vrydag vir Christus wat op daardie dag die sonde van die wêreld op Homself geneem het en selfs van God verlate moes wees. Goeie Vrydag vir elke gelowige in Hom namens wie Hy dit gedoen het en aan wie Sy verdienste geskenk word asof hy dit self gedoen het!

Erken Hom en sy kruisdood hierdie Paasnaweek en laat dit nie vir u net nog ‘n langnaweek wees nie! Geseënde Paasnaweek aan al ons broeders en susters in Christus!