Duisende Lonmin-Marikana werkers staak weer


Meer as 6,000 werkers by die Marikana-myn het begin staak. Dit is ’n onwettige staking volgens maatskappy woordvoerders.

In Augustus verlede jaar het 34 mense omgekom tydens ’n soortgelyke staking.

Die polisie het blykbaar in paniek losgebrand op die stakers.

Die werkers weier om ondergronds te gaan en dit is waarskynlik die grootste aantal werkers wat aan die staking deelneem sedert Augustus 2012.

Lonmin woordvoerders sê die mynwerkers wat staak word verbind met die vakbond Amcu, wat eis dat die National Union of Mineworkers (NUM) se kantore gesluit word aangesien die betrokke vakbond nie meer die meerderheid van die werkers verteenwoordig nie.

Van wee die staking het die Maatskappy se aandeleprys met meer as 1% gedaal.

Waarnemers sê die twee vakbonde speel nou woer-woer met die Mynhuis. Sodra die een erkenning kry, staak die ander vakbond se werkers.

’n Woordvoerder van Oranje Nywerheids Ontwikkelings Kooperasie (ONOK) het gesê die uiteinde van die magspel wat deur die vakbonde gespeel word, gaan die oorsaak wees dat die myn finaal sluit. Dit sal derduisende werkers sonder ’n heenkome laat, het hy gesê.