Die skoenlapper kom weer…


Wetenskaplikes het 30 jaar gelede verklaar dat dié besondere vlinder uitgesterf het.

Nou, na drie dekades se afwesigheid, is die skoenlapper terug in Verre Noord-Transvaal.

Due vlinder, bekend as die Waterberg Copper (Erikssonia Edgei), is glo laas in 1980 in die gebied gesien.

Op 21 Desember 1980 is ‘n redelike groot kolonie van dié vlinders naby die Rankins-pas gesien. Vyf jaar later is hulle nie weer gesien nie weens habitat veranderings.

Mark Williams het egter die besondere vlinder by die Bateleur-natuurreservaat, sowat 25 km noord van Warmbad gewaar.

Jeremy Dobson, die voorsitter van die Hoëveldse Vlinder- en mot-klub, sê die klub werk aan ‘n bewaring strategie om te verseker dat dié nuwe habitat volhoubaar vir die vlinders sal bly.