Die e-Tol stelsel kom


Die Nasionale Vergadering het ‘n wetsontwerp goedgekeur wat die e-tolstelsel op snelweë mag implementeer.

Ben Martins, Minister van Vervoer, sê die wetsontwerp is belangrik om die toepaslike implementering van die stelsel te verseker.

Hierdie maatreëls is nodig om die voorsiening van openbare vervoer en ander projekte in Sentraal Transvaal te fasiliteer, het hy gesê.

Hy het die beroep om die e-tolstelsel te skrap verwerp. Hy het gesê as tolgeld nie gevra word nie gaan dit ‘n negatiewe invloed op die SA Nasionale Padagentskap (Sanral) hê om kapitaal in te samel vir infrastruktuur ontwikkelingsprogramme.

Berigte doen die rondte dat vakbonde besig is om te organiseer en te reël vir stakings en optogte in die gebiede.