Deurbraak vir “bio-batterye”


Volgens ‘n artikel van 25 Maart 2013 in die wetenskaplike joernaal, Proceedings of the National Academy of Science (PNAS) het die Universiteit van East Anglia, saam met navorsers van Pacific Northwest National Laboratory in Washington State, ‘n belangrike deurbraak gemaak in hulle navorsing oor die opwekking van skoon elektrisiteit deur middel van bakterië. Die bevinding is dat proteïne op die oppervlakte van bakterië ’n elektirese stroom kan opwek deur die eenvoudige aanraking met ‘n minerale oppervlakte.

Die navorsing toon dat dit moontlik is vir bakterië om direk op die oppervlakte van ‘n mineraal of metaal te lê en ‘n elektriese lading deur hulle membrane deur te stuur. Dit beteken dat dit moontlik is om bakterië direk op elektrodes te plaas wat wetenskaplikes ‘ n tree nader sal bring om doeltreffende mikrobiale brandstof selle of “bio-batterye” te produseer.