Cyril Ramaphosa se Kompas vir SA


Die Adjunk-president van die ANC, Cyril Ramaphosa het ‘n beroep gedoen op Christene om Suid-Afrika se morele kompas te wees. Hy het in besonder verwys na die misdaad soos verkragting, moord en korrupsie.

“Daar is geen beter agent as Christene en die kerk om die morele waardes en morele gewete van ons land te verhef nie,” het hy by die Pentecostal Holiness Church gesê.

“Die verantwoordelikheid] rus op ons as Christene. Ons moet sê hierdie is ‘n sonde. Hierdie is ‘n misdaad. Verkragting is ‘n sonde en dis ‘n misdaad.”

Waarnemers sê dit is seker die verstandigste uitlating wat ’n ANC leier gemaak het in die afgelope 19 jaar, maar die waarheid is dat daar te veel nie-Christene in die land is wat geen gewete het nie.