Carl Pistorius aangekla vir manslag


Oscar Pistorius se broer, Carl Pistorius, sal op aanklagte van strafbare manslag in die Vanderbijlpark-landdroshof verskyn.

Die aanklag hou verband met ‘n ongeluk in 2008, wat die dood van ‘n 36-jarige vrou veroorsaak het.

Kenny Oldwage, Charl Pistorius se prokureur, het gesê Carl is aangekla van strafbare manslag, maar die aanklagte is later teruggetrek.

Die Nasionale Vervolgingsgesag het egter die aanklag heringestel.

Prokureur Oldwage sê daar is nie twyfel oor Carl se onskuld nie.