Chaos op N1 by Beyers Naude afrit


Chaos het geheers op die N1 toe ’n motor oor die relings van ’n oorbrug gestort het en op die N1 ryvlak beland het.

Na wat berig word is drie mense ernstig beseer en talle voertuie is erg beskadig.

Die Vryburger kon nie vasstel wat daartoe aanleiding gegee het dat die motor deur die relings van die oorbrug gebars het nie.

Omstanders het beweer dat die bestuurder van die voertuig hopeloos te vinnig gery het en beheer oor die motor verloor het.