Brit dood na vuisgeveg


’n Brit is dood toe ’n argument ontstaan het tussen toeskouers, na afloop van die Super15-rugbywedstryd tussen die Haaie en die Rebels.

Argumente het ontstaan buite die Absa-stadion in Durban na afloop van die wedstryd, en ’n vuisgeveg het gevolg.

“Ons weet nie wat die geveg laat begin het nie,” het. polisiewoordvoerder Vincent Mdunge gesê.

Mdunge het gesê dat hulle met die Britse hoë kommissariaat in verbinding is oor die voorval.

Die Durban-Sentraal-polisie het ’n moorddossier geopen en kry verklarings van ooggetuies.

Die Sharks-maatskappy het gesê nooddienspersoneel by die stadion het die geveg probeer stop.