Brandstof gaan nog duurder word


Die nuwe verhoogde prys van brandstof gaan die verbruiker beslis seermaak en motoriste kan hulle klaarmaak vir nóg verhogings.
Die prys van 95-oktaan-petrol het met 12 sent gestyg en dié van 93-oktaan-petrol met 10 sent. Diesel word verhoog met 9 sent.

Vroeer hierdie maand is die brandstofprys radikaal verhoog met 81 sent per liter en diesel met 58 sent.

In Sentraal-Transvaal is die brandstofprys nou meer as R13 per liter.

Kenners meen die prys sal weer styg as gevolg van die swakker wordende Rand. Die wintermaande van Europa sal ook bydrae tot vêrdere verhogings wanneer verbruik daar aansienlik verhoog, en dit die aanvraag verhoog wat weer die prys beïnvloed.

’n Woordvoerder van Oranje Sake Instituut sê dat mense nou reeds nuwe maatreëls moet tref om die prysstygings in brandstof, elektrisiteit en voedsel die hoof te bied aangesien die stygings van nou af vinniger gaan plaasvind as wat algemeen verwag is.

Sonkrag, kleiner vervoermiddele en versigtiger aankope van voedsame kos is van die belangrikste faktore waaraan aandag gegee moet word, het hy gesê.