Boer skuldig aan moord


Mnr. Louis Maree van Verkeerdevlei in die Vrystaat is skuldig bevind aan moord.

Die bevinding is in die Vrystaatse Hooggeregshof gemaak na aanleiding van die dood van ’n onwettige haasjagter in 2010. Maree (69) van die plaas Waterval is skuldig bevind aan die moord op Chankie Botsane.

Botsane het op 27 Maart 2010 met honde op plase in die distrik gejag.

Regter Shamin Ebrahim het in die Vrystaatse Hooggeregshof bevind die staat het bo redelike twyfel bewys dat Maree skuldig is.

Maree se weergawe van die voorval is dat hy gedink het hy skiet ’n hond.

Ebrahim het die verduideliking onbevredigend en as ’n leuen afgemaak.

Borgtog van R10,000 is toegestaan. Finale uitspraak word in April gelewer.