ANC en die visum-stryd


Die ANC regering het nou, na verloop van sowat vyf jaar weer gesprekke aangevra om met die Britte te praat oor die feit dat Suid-Afrikaners visums nodig het om na Brittanje te reis.

Dit gaan blykbaar ’n bedel-gesprek wees aangesien Brittanje die vereiste ingestel het gedurende 2008 nadat verdagte misdadigers wat nie RSA burgers is nie, met RSA paspoorte en ID boeke betrap is.

Die Departement van Binnelandse Sake is blykbaar van oordeel dat dié departement korrupsie uitgewis het en dat Suid-Afrikaanse dokumentasie aan interna¬sionale veiligheidsmaatreëls voldoen.

Ronnie Mamoepa, kommunikasiehoof, het glo gesê waterdigte planne is ingestel om swak elemente uit te skakel.