Zuma-staatsrede irrelevant


Verlede week, op Valentynsdag, is die nuus oorheers deur die gebeure rondom Oscar Pistorius.

Selfs die staatsrede van pres. Zuma het kwalik die voorblaaie van koerante gehaal.

Die Vryburger het kennis geneem van ’n meningsopname waarin bepaal is dat sowat 88% van hul koerantlesers die Staatsrede as irrelevant beskou het.

Die feit dat Zuma in die verlede herhaaldelik uitlatings gemaak het wat skynbaar nie water hou nie, het nou daartoe aanleiding gegee dat veral blankes, nie meer glo of wil luister wat die president kwytraak nie.