Zuma en apartheid


President Zuma sê geweld in die samelewing het sy oorsprong uit die apartheidsera.

Sy woorde is duidelik: “Ek dink nie ons as ‘n nasie het oornag gewelddadig geword nie. Geweld is ‘n direkte gevolg van apartheid. Apartheid was ‘n baie gewelddadige stelsel. So gewelddadig dat hulle jou doodskiet as jy vreedsaam betoog,” het Zuma op ‘n ontbyt vergadering van omstrede koerant, The New Age gesê.

Zuma het bygevoeg dat die ANC is ‘n nie-gewelddadige organisasie is. Hy het ook gesê dat die volgehoue geweld van die apartheidsregering, het gemaak dat die party sy wapens opneem.

“Diegene wat byvoorbeeld betoog, is gereed om gewelddadig te wees omdat hulle uit die situasie kom dat jy geskiet gaan word indien jy betoog”, het hy gesê.

Waarnemers wys daarop dat die jong skurke in die ouderdom van 20 jaar en selfs jonger, niks weet van apartheid nie. Ewe so is daar geen bewyse van apartheid toe die grensboere moes trek uit die Oos-Kaap omdat die swartes soos barbare die vee verniel het en die blankes op die mees moorddadige wyse uitgemoor het.

Die president het geen verklaring gegee waarom baie swartes, selfs so oud as 15 jaar, skuldig is aan moord, roof en verkragting nie.