Wes-Kaapse regering spandabelrig soos ANC


Die Wes-Kaapse DA beheerde regering het R170,000 spandeer om vergaderings by te woon.

Vyf Wes-Kaapse LPP verteenwoordigers en twee amptenare het die vlugte meegemaak.

Die sewe mense het na George gereis en daar 68 mense toegespreek in ’n vergadering. Daarvandaan vlieg hulle toe na Beaufort-Wes om 38 mense toe te spreek, om dan vêrder te reis na Vredendal om 27 mense by daardie vergadering toe te spreek.

Die rit met ’n gehuurde vliegtuig het R170,000-00 gekos om 133 mense toe te spreek.

Waarnemers is van oordeel dit dui daarop dat die DA net so korrup is as die ANC.