Werksku onderwysers kos land miljarde


Angie Motshekga, die Minister van Onderwys het aangekondig dat ’n biometriese klokstelsel ingebring gaan word om seker te maak onderwysers is gedurende die skoolure op sy pos.

Die plan gaan die belastingbetaler sowat R500 miljoen kos.

Tans verloor die land na raming ’n paar miljard Rand aan produksie weens die afwesigheid van onderwysers by openbare skole.

Ene Panyaza Lesufi, ’n woordvoerder van die Departement, het gesê ’n aanvoorprojek om die biometriese stelsel te toets word met sukses in die Noord- Kaap en Wes-Kaap gedoen.

’n Woordvoerder van die Republikeinse Vroue Beweging het aan Die Vryburger gesê dat die duur stelsel nooit in die verlede nodig was toe die land se onderwyskorps nog gedissiplineerd was en vry van vakbonde se invloed.