Welkom mense omgekrap oor moorde


“Ons is nou gatvol – bring die galg terug, Zuma!” en “ ’n Lewe vir ’n lewe” en “Neem een en joune moet ook geneem word”

Dís die slagspreuke wat gesien is op plakkate by die landdroshof in Welkom waar inwoners bymekaar gekom het om teen moorde en verkragting hulle stem te laat hoor.

Dit volg op die wrede moord van die jong vrou Carmen van der Westhuizen. Die verdagte het aansoek om borgtog gedoen wat deur die gemeenskap teengestaan is.

Hulle moes omdraai omdat hulle nie toestemming vir ’n openbare byeenkoms gehad het nie.

Die ontevredenes is daarna na die huis waar Carmen in die woonbuurt Riebeeckstad vermoor is.

’n Gebed is gedoen, blomme is by die hek neergesit en wit kerse is gebrand.

“Die Here gee ons toestemming om in Sy naam bymekaar te kom,” het een persoon gesê.