Vyf moontlike terroriste gevang


Die SAPD se speurders het vroeg vyf verdagtes in hul huise vasgetrek in verband met die dubbele
moord op die egpaar Gordon (78) en Lorraine (63) Adam.

’n Polisiewoordvoerder sê een van die gesteelde vuurwapens is in die vermeende moordenaars se besit gevind.
Waarnemers het gesê dit is sonder twyfel ’n daad van terrorisme aangesien vyf persone blykbaar aandadig is om twee bejaardes te vermoor.