VSA se nuwe wapen


Die VSA het ’n nuwe bom ontwerp en getoets wat Iran se kernwapen-program kan stuit.

Die nuwe wapen beskik glo oor die vermoë om selfs die diepste Iranse kernaanlegte uit die lug te vernietig.

Bekend as die sogenaamde Massive Ordinance Penetrator (MOP), is die wapen sowat 7 meter lank en weeg ongeveer 13,5 metrieke ton..

Die bom, wat ontwerp is deur Boeing word nou vervaardig om die bestelling van die VSA se weermag uit te voer. Na wat berig word is 20 bomme bestel.

Tans is die grootste hindernis dat Iran se kernaanlegte meer as 100 m onder die grond is endan nog beskerm word met bewapende beton en staalskerms om lugaanvalle te weerstaan.

Die VSA meen dat hierdie bom die antwoord is om deur te dring en die aanleg te vernietig.

Die foto toon ’n gedeelte van Boeing se massiewe fabriek