Vrystater ontkom terroriste aanval


Mnr. Hannes Labuschagne jr. (50) is vroegaand op sy ouers se plaas Pax, in die Reitz distrik deur terroriste ingewag en verras.

Die aanvallers het wee skote geskiet waarvan die eerste mis was. Die koeël is rakelings verby sy kop.

Hy het vinnig van die terroriste af weggekom. ’n Tweede skoot het hom in die onderlyf getref, maar is gelukkig van minder ernstige aard.

Sy bejaarde ouers, Hannes en Lorraine, is sowat drie maande gelede deur twee terroriste met messe op die plaas ingewag en beroof.

Mnr. Labuschagne sê hy was net gelukkig dat die terroriste sulke swak skieters is. Hy kon vinnig genoeg in sy bakkie spring en wegjaag.

Die aanvalle op volksgenote toon ’n stygende tendens. Gedurende Januarie is 16 blankes in terroriste aanvalle om die lewe gebring.

Die bestuur van Projek 2010, wat ’n gesaghebbende en betroubare databank opbou van alle moorde op volksgenote wat deur terroristiese dade gepleeg is, het weereens gemaan dat volksgenote hul paraatheid moet verskerp en veiligheidsmaatreëls moet verhoog aangesien die aanslag nog vêrder gaan versnel in 2013.