Vrystaatse boer veg kaalhand teen terroris


Die vlaag terroriste aanvalle in die Vrystaat woed voort. Die jongste voorval is ’n panga-aanval op ’n boer van Steynsrus.

Mnr. Christo Prinsloo (53) is helder oordag in sy plaashuis met ’n panga aangeval deur ’n swarte.

Die swarte het die huis binne gekom met ’n panga in die hand en gesê “ek soek jou”.

Mnr. Prinsloo moes hom kaalhand verdedig teen die swarte. Tydens die geveg het ’n glasdeur gebreek wat die labrador hond toegang verleen het om deel te neem aan die geveg.

Mnr. Prinsloo is van die plaas Erfpacht in Steynsrus. Sy kop en arm is deur die panga oopgekloof. As hy nie met ’n verbetenheid terug geveg het nie, was hy sekerlik dood. Sy labrador het gelukkig later gehelp veg om seker te maak die terroris slaag nie in sy doel nie.