Vrou is beroof van R30,000


Mia Pepler (24), ’n werker van ’n produksiesmaatskappy, het R30 000 by ’n bank in Kaapstad se voorstad Tuine getrek.
Twee diewe het na bewering agter haar in die ry gestaan in die bank en haar agtervolg toe sy uitbeweeg.

Mia moes die geld gebruik om benodigdhede vir ’n televisie-advertensie aan te koop.

Haar ma, Elsabé, sê die bank het bevestig hulle verdagte mans in die bank opgemerk het wat haar agtervolg.

Die skurk het op ’n heel vriendelike manier gesê sy moet kalm bly, die sleutels en selfoon op die grond gooi, want een van sy mede skurke hou haar dop en het ’n vuurwapen.

Sy is in November 2012 in Rondebosch ook gekaap.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie