Vloedskade beloop miljoene Rand


Die vloedskade in Noord-Transvaal verlede maand het ongeveer R300 miljoen se skade aangerig.

Die beraming van skade aan paaie en brûe is ná die voorlopige inspeksie op R317 miljoen bereken.

Baie mense is nadelig geraak deur die vloede. Landbouers het groot skade gely wat nog nie behoorlik beraam is nie.

Landbouers is egter bekommerd oor die feit dat die regering geen aanduiding gegee het dat finansiële hulp aangebied sal word nie.