Vervalste geld in omloop


‘n Rekenmeester en ‘n man wat vermoedelik ‘n lid is van een of ander sindikaat wat in vervalste banknote handel dryf, is in Soweto, betrap en gevang.

’n Polisie woordvoerder sê die polisie het na ‘n huis in die gebied gegaan om ‘n wenk op te volg. Hulle het na bewering gesien hoe die twee verdagtes R100-note ter waarde van R100 000 gedruk het. Die note was ’n mengsel van Mandela, en ou geldnote wat vervals is.

Die Oranje Sake Instituut waarsku dat daar waarskynlik miljoene Rand se vervalste geld in omloop is. Derhalwe moet mense eerder met ’n bankkaart aankope doen om te verseker dat hulle nie vervalste geld as kleingeld ontvang nie. Mense kan onskuldig in groot moeilikheid beland as hulle onwetend met vervalste geld in hul besit betrap word.