Verskoning nie aanvaar nie


Lulu Xingwana, die Minister van Vroue, Kinders en Gestremdes, het nou verskoning gevra vir haar gewraakte uitlatings oor Afrikaner mans.

“Dit het vir my duidelik geword dat my kommentaar sommige lede van ons gemeenskap ontstel het. Ek wil, gevolglik, daardie kommentaar terugtrek en onvoorwaardelik om verskoning vra aan hulle,” het sy gesê.

’n Woordvoerder van Oranje Sake Instituut het gesê die verskoning sal slegs aanvaar word indien die minister terug gaan Australie toe en op dieselfde radiosenders die verskoning aankondig. Die uitlating wat sy gemaak het, is iets gelyk aan haatspraak en sy het geen aanduiding gegee dat haar uitlating ’n verkeerde siening weerspieël nie. Vir haar gaan dit blykbaar net daarom dat sy mense ontstel het, en dit laat die indruk dat sy slegs verskoning aanbied omdat sy nie voor die Menseregte Kommissie wil verskyn en ook haar pos as minister wil verloor nie.

Die verskoning soos verwoord is, word met minagting verwerp, het hy gesê.