Twee blankes aangekla vir moord


Die Landdros van Brits het borgtog geweier vir Anthony Erasmus (5) se ma, Denise Cindy-Lee Jansen (25), en haar kêrel, Marco Rudolf Barnard (30).

Die twee mense staan tereg op ’n klag van moord en kindermishandeling.

Anthony se lykskouing het getoon sy lyf was vol kneusplekke en daar is kopbeserings gevind wat moontlik tot die kind se dood gelei het.

Die hof het bevind die paartjie is ‘n vlug-risiko aangesien hulle geen vaste woonplek het nie. Die moontlikheid bestaan ook dat hulle die broertjies van Anthony kan aanrand.

Die wrede manier waarop die twee mense met kinders werk, stem waarnemers tot diepe kommer aangesien dit daarop dui dat volksgenote afgetrek word na ’n standaard wat nie eie is aan Westerlinge nie. Sulke moorddadigheid behoort met die doodstraf beantwoord te word, is gesê.