Troepe na SAR kos miljoene


Die belastingbetalers gaan meer as R1,2 miljard opdok om 400 Suid-Afrikaanse soldate vir die volgende vyf jaar in Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR) te ontplooi.

Dit is bekend gemaak nadat pres. Jacob Zuma verlede maand die versekering gegee het die ontplooiing gaan nie meer as R65 miljoen kos nie.

Die 400 soldate is vir die tydperk 2 Januarie 2013 tot 31 Maart 2018 gestuur. Dit word glo gedoen ingevolge die reëlings vervat in ’n ooreenkoms wat tussen die twee regerings aangegaan is. .

Waarnemers meen dat dit ’n onnodige uitgawe is. Die geld kon eerder gebruik word om nuwe werksgeleenthede te skep aangesien die werkloosheidsyfer steeds styg.