TLU SA geniet wye steun


’n Groot aantal boere regoor Suid-Afrika steun die klag wat TLU SA teen Tony Ehrenreich, Wes-Kaapse sekretaris van Cosatu, aanhangig gemaak het.

TLU SA het ’n klag van intimidasie deur mnr. Henk van de Graaf, assistent-hoofbestuurder van TLU SA by die polisiekantoor in Brooklyn, Pretoria, ingedien.

Die saak is later oorgedra na die Wood¬stock-polisiekantoor.

TLU SA se saak teen Ehrenreich is gegrond op uitlatings wat hy in die media gemaak het oor ’n beweerde grondoorlog. Die oorlog sou ontstaan as landbouers nie die nuwe minimum dagloon van R105 betaal nie.

Dié dagloon tree op 1 Maart in werking.

Die ondersoekbeampte het ook gevra dat die name van boere aan hom gegee word indien hulle voel dat hulle geïntimideer is.” het mnr. Van de Graaf gesê.

Hy het ook gesê dat TLU SA onderneem het om die name aan die speurder beskikbaar te stel gedurende eerskomende Donderdag. Mense wat bereid is om ‘n verklaring af te lê kan met mnr. Van de Graaf kontak maak by [email protected]