Terroriste vermoor jong moeder


Carmen van der Westhuizen, ’n jong ma van 38 jaar en haar gesin met twee kinders het onlangs verhuis na Riebeeckstad.

Sy is op grusame wyse met ’n panga of byl doodgekap in haar huis deur een of meer terroriste.

Carmen was waarskynlik nog besig om haar goed uit kartondose te pak toe sy in haar kombuis vermoor is.

Haar kop is oopgekloof en sy het ’n snywond aan haar keel gehad. ’n Tuinier is intussen in hegtenis geneem.

Volgens ’n woordvoerder van Projek 2010 is hierdie die derde moord in die eerste ses dae van Februarie 2013.

Hy sê dit is opvallend dat pres. Zuma die swaarste straf vra vir die moordenaars van ’n jong anderskleurige in die Wes-Kaap, maar die wrede moorde wat bykans elke tweede dag op blankes gepleeg word deur terroriste, word geen woord spreek nie.

Dit is ook weereens ’n bewys dat dit nie raadsaam is om volksvreemdes toe te laat as werkers op die perseel nie, het hy gesê.