Terroriste skiet man by woonhuis


Twee terroriste het mnr. Bertus Coetzee (42) van Vanderbijlpark koelbloedig by sy huis se agterdeur doodgeskiet net toe hy by die huis gekom het.

Hy het rondom tienuur die aand by sy huis stilgehou en sy dubbelkajuitbakkie in die motorhuis getrek nadat sy 18 jarige seun die deur vir hom oopgemaak het.

Die honde het geblaf en Bertus het gaan kyk wat aangaan. Die volgende oomblik is hy geskiet.

Die polisie het gou opgedaag maar die terroriste was reeds weg.

Die twee swartes het die voertuig se sleutels geëis en sonder om te aarsel hom in die bors geskiet.

Sy seun Flippie is ongedeerd.

’n Ambulans is ontbied, maar Bertus Coetzee is op die toneel dood.