Terroriste aanval in Wes-Transvaal


’n Voormalige Britse burger wat die laaste jare op ’n plaas by Wolmaransstad gewoon het, is in ’n terroriste aanval doodgeskiet.

’n Swart vrou is deur die polisie in hegtenis geneem. Die polisie soek glo na minstens nog twee verdagtes.

Die 66-jarige David Barclay het ondersoek ingestel waarom die honde blaf, toe is hy doodgeskiet.

Volgens die eienaar van die plaas het familielede en vriende Saterdagaand op die stoep sit en kuier toe dit gebeur het.
Die terroriste het ook die gaste gekonfronteer. Een van die gaste het gesê: In Jesus se naam, los ons en gaan weg”.

Nadat die gas die woorde herhaal het, het die terroriste in die donker verdwyn.

Niks is gestel nie.