Telkom adverteer lekker


Vanaf Desember 2011 tot November 2012 het Telkom meer as R34 miljoen vir advertensies in The New Age koerant in Soweto betaal, het City Press berig.

Die mees onlangse Nielsen Adex-verslag toon dat Telkom, waarvan die ANC-regering 40% besit, die top-adverteerder in The New Age was gedurende die tydperk.

Telkom was glo verantwoordelik vir sowat een derde van die koerant se totale advertensie inkomste.

’n Woordvoerder van Oranje Sake Instituut het gevra of dit ’n metode is om sekere koerante se inkomste te verhoog en te verseker.