Swartes skiet man in Heidelberg


’n Blanke man van Heidelberg word in Alberton se hospitaal versorg nadat swartes hom gister in die been geskiet het toe hy hulle probeer keer het om die motor te kaap.

Theresa Stapelberg (43) het met haar dogter, asook die skoondogter, in haar Honda Civic by hul erf uitgery toe swartes hulle met vuurwapens voorkeer.
Hulle het die dames uit die motor geruk. Theresa het geskreeu en Buks Stapelberg, haar man, het uit die huis gekom om te help.

By die motor gekom, was die skurke reeds besig om te probeer wegjaag. Hy het uit woede en frustrasie op die motor geklap.
Dié daad het meegebring dat die boewe hom in sy been geskiet het.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.