Suid-Afrika is siek


’n Elfjarige anderskleurige is in polisie aanhouding in St. Francisbaai nadat hy vermoedelik die moord gepleeg het op ’n sesjarige seun.

Die slagoffer het messteke opgedoen in sy nek.

’n Woordvoerder van die polisie sê daar is afdoende bewyse dat die 11 jarige skuldig is.

Dit is die jongste voorval in die land en volg op ’n reeks moorde wat daarop dui dat die land siek is.

Die Vryburger het ook berig van ’n blanke ma en haar vriend wat tereg staan op ’n aanklag van moord op haar eie kind, terroristiese aanvalle op twee jong mans, die moord op Reeva Steenkamp en talle ander gevalle.

Dit is egter net die punt van die ysberg. Die algemene gevoel is dat die doodstraf heringestel moet word. Dit is die oortuiging van mense dat die doodstraf as effektiewe afskrikmiddel sal dien. Hierdie gevoel is besig om momentum te kry en waarnemers verwag dat die druk op mnr. Zuma sal toeneem.