Studente oproer in Oos-Kaap


Chaos het op die Universiteit van Fort Hare in Alice se kampus losgebars toe studente beveel is om die kampus te ontruim.

Studente het alle ingange versper, buitebande gebrand en geëis dat die bestuur hulle toespreek oor die styging in koshuisgeld.

Díe betogings vind plaas ten spyte van ’n hofbevel wat dit vernied. Dié bevel is deur die Bhisho-hooggeregshof uitgereik.

Mvuyo Tom, die vise-kanselier van die universiteit, het gesê ‘n besluit is geneem om nie met die studente te vergader terwyl die situasie so plofbaar is nie.

Studente is ook ongelukkig met sekuriteit by koshuise.